Winnie Madikizela-Mandela

Winnie Madikizela-Mandela
Winnie Madikizela-Mandela
Winnie Madikizela-Mandela in 2014

Lid van die Suid-Afrikaanse Parlement
Ampstermyn
Mei 2009 – April 2018

Ampstermyn
10 Mei 1994 – 19 Maart 1996
President Nelson Mandela
Voorafgegaan deur Marike de Klerk
Opgevolg deur Graça Machel

Adjunkminister van Kuns, Kultuur, Wetenskap en Tegnologie
Ampstermyn
1994 – 1995
Voorafgegaan deur Nuwe amp
Opgevolg deur Pallo Jordan (Kuns en Kultuur)
Derek Hanekom (Wetenskap en Tegnologie)

Persoonlike besonderhede
Gebore Nomzamo Winifred Zanyiwe Madikizela
(1936-09-26)26 September 1936
Bizana, Transkei, Unie van Suid-Afrika
Sterf 2 April 2018 (op 81)
Johannesburg, Gauteng, Suid-Afrika
Politieke party African National Congress
Eggenoot/-note Nelson Mandela (1958–1996; geskei)
Kind(ers) Zenani (* 1959)
Zindziwa (* 1960)
Alma mater Universiteit van Suid-Afrika

Winnie Madikizela-Mandela (gebore as Nomzamo Winifred Zanyiwe Madikizela op 26 September 1936;[1] oorlede op 2 April 2018 in Johannesburg) was 'n Suid-Afrikaanse aktivis en politikus wat verskeie regeringsposisies beklee het, en ook hoof van die ANC se Vroueliga was. Sy was ook 'n lid van die ANC se uitvoerende komitee.

Sy was vir 38 jaar met Nelson Mandela getroud, insluitende die 27 jaar wat hy in die tronk was. Hoewel hulle steeds getroud was toe hy president van Suid-Afrika geword het in Mei 1994, was die paartjie reeds twee jaar vantevore uitmekaar. Hulle is op 19 Maart 1996 amptelik geskei,[2] maar Winnie Mandela het steeds haar teenwoordigheid in sy lewe gehandhaaf, al is hy later weer in 1998 getroud. Winnie is byna daagliks gesien waar sy haar gewese man by die Mediclinic Harthospitaal in Pretoria besoek het terwyl hy daar behandel is.[3] Van al die hooffigure wat tydens die vryheidstryd internasionale status geniet het, is sy die een wat al die jare die meeste internasionale aandag ontvang het en was gesien as die openbare gesig vir Mandela se woorde en gedagtes terwyl hy vir 27 jaar tronkstraf uitgedien het.[4]

Sy was altyd 'n omstrede aktivis wat wye steun onder haar ondersteuners gehad het, en het bekend gestaan as die "Moeder van die Nasie", maar ander het haar weer verag nadat die Waarheid-en-versoeningskommissie bevind het dat sy verantwoordelik was vir die moord, marteling, ontvoering, en aanranding op talle mans, vroue en kinders, en verder ook onregstreeks deel gehad het in nog meer soortgelyke wandade.[5]

  1. Winnie Mandela. nndb.com
  2. Daley, Suzanne (20 Maart 1996). "South African Judge Gives Nelson Mandela a Divorce". The New York Times (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 9 Oktober 2019.
  3. Smith, David (6 Desember 2013). "Nelson and Winnie Mandela's marriage ended, but the bond was never broken". The Guardian (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 9 Oktober 2019.
  4. "In Mandela Legacy, a Place for Winnie?". The New York Times (in Engels). 3 Augustus 2013. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 18 November 2018.
  5. "Truth and Reconciliation Commission of South Africa Report, Volume Two, Chapter 6 (bl. 543–82): Special Investigation: Mandela United Football Club" (PDF). 29 Oktober 1998. Geargiveer vanaf die oorspronklike (PDF) op 4 November 2009. Besoek op 10 Julie 2010.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search